85-jarige man van Bloemfontein aangekla vir moord ná sy seun sterf

’n Bejaarde man van Bloemfontein staan tereg vir moord nadat sy seun aan ’n skietwond beswyk het.

’n 85-jarige pa van Bloemfontein staan nou tereg op ’n klag van moord nadat sy 56-jarige seun Maandagaand in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein beswyk het aan ’n skietwond in sy nek.

Parys Gazette berig die oorledene, Erich Bruhns, was ’n sakeman van Bainsvlei.

Plaaslike polisiewoordvoerder Sersant Mahlomola Kareli het bevestig dat die klag van strafbare manslag na moord verander is ná die dood van die seun.

Kareli sê Bruhns is Saterdag in die hospitaal opgeneem nadat hy na bewering deur sy pa in Midhurstlaan geskiet is.

Die beskuldigde, Gert, is kort daarna in hegtenis geneem nadat hy na bewering van die toneel gevlug het.

Kareli sê daar is tydens die arrestasie naby die N1-hoofweg beslag gelê op ’n gelaaide vuurwapen met ekstra ammunisie.

Gert sal weer volgende Dinsdag voor die hof verskyn vir ’n formele borgaansoek.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button