Local newsNews

Pa aangekla vir moord na seun sterf

Die pa bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning vir 'n formele borgaansoek.

‘n 85-Jarige pa van Bloemfontein staan nou tereg op ‘n klag van moord nadat sy 56-jarige seun, Maandagaand in die Pelenomi-hospitaal in Bloemfontein beswyk het aan ‘n skietwond in sy nek

Die oorledene, Erich Bruhns, was ‘n sakeman van Bainsvlei.

Polisiewoordvoerder sers. Mahlomola Kareli, het bevestig dat die klag van strafbare manslag na moord verander is na die dood van die seun.

Sers. Kareli sê Erich Bruhns is Saterdag in die hospitaal opgeneem nadat hy na bewering deur sy pa geskiet is in Midhurst Avenue,

Die beskuldigde, Gert Bruhns, is kort daarna in hegtnis geneem nadat hy na bewering van die toneel gevlug het.

Sers Kareli sê beslag is tydens die arrestasie naby die N1-hoofweg, gelê op ‘n gelaaide vuurwapen met ekstra ammunisie

Gert Bruhns sal weer op 29 April voor die hof verskyn vir ‘n formele borgaansoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button