Bejaarde op plaas in Mpumalanga vermoor
Die aanval was glo wreedaardig en baie bloed is in die oorledene se huis opgemerk.
Die liggaam van ’n 72-jarige man is vanoggend in sy plaashuis, tussen Delmas en Bronkhorstspruit in Mpumalanga, gevind.
Die plaashuis is digby die Waaikraal informele nedersetting op die R42-pad geleë.
Die bejaarde se dogter het glo om hulp geroep toe sy besef dat daar groot fout is. Lede van die plaaslike Argent AfriForum Plaaswag het na die toneel gehaas.
🚨 *Farm Attack*
Farm Klipspruit Waikraal, Delmas Area2022-09-26/27
Time unknownDuring the night of 26/27 Sept 2022 there was a farm attack at Jessè Coleman.
Jessè unfortunately died during the attack.
Number of suspects unknown.
No further information. @StopPlaasmoorde
— SA REPORTS (@MARIUSBROODRYK) September 27, 2022
Die polisie het met hulle aankoms op die toneel bevind dat die man dood is. Hy het vermoedelik deur die nag of in die vroeë oggendure aan sy wonde beswyk.
Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie, maar dit is wel bevestig dat die man wreedaardig vermoor is.
’n Persoon op die toneel het Streeknuus meegedeel dat die toneel ’nie mooi was nie’.
“Daar was beslis ’n struweling, want daar is oral in die huis bloed.”
Read original story on ridgetimes.co.za