Dogter ewenaar ma se rekord van 32 jaar tydens atletiekbyeenkoms in Limpopo

In 1992, blits Cornelda Pretorius (van der Westhuyzen) die 100m vir dogters o/14 in ’n tyd van 12.60 by Hoërskool Ben Viljoen se interhuisbyeenkoms. Die rekord het vir die afgelope 32 jaar op die rekordboeke gepryk.

Tydens Hoërskool Ben Viljoen se interhuisbyeenkoms vanjaar het ‘n dogter haar ma se rekord van etlike jare geëwenaar.

Emma-Lee, dogter van Cornelda en Jaco van der Westhuyzen, het die 100m vir o/14 dogters in ‘n tyd van 12.60 voltooi. Dit is dieselfde rekord wat haar ma 32 jaar by dieselfde skool opgestel het.

Dit is nie die enigste rekord wat Emma-Lee tydens die byeenkoms ewenaar of verbeter nie, sy verbeter ook ene M Furstenburg se o/14 dogters 200m rekord wat reeds vanaf 1980 af staan.

Emma-Lee van der Westhuyzen.

 

Die rekord wat vir die afgelope 44 jaar agter Furstenburg se naam geskryf was met ’n tyd van 26.90, staan nou onder die naam Emma-Lee van der Westhuyzen met ’n tyd van 26.50.

Tydens die byeenkoms is dit ook die oudste rekord wat verbeter is.

Hierdie klein spoedvraat, saam met haar boetie Jaco, en ouer sussie Ellené, is ’n familie om hierdie atletiek-seisoen dop te hou.

Ellené van der Westhuyzen.

 

Jaco verbeter ook twee rekords opgestel deur sy oom, Hannes Pretorius (Cornelda se broer). 100m seuns o/16 met 11.06 vorige rekord deur Hannes met 11.20 in 1992 en 200m seuns o/16 met 23.00 – vorige rekord met 23.40 in 1992.

Jaco van der Westhuyzen.

Pa Jaco het self aan Hoërskool Ben Viljoen matrikuleer en het later ’n Blou Bulle- en Springbokheld geword wat opslae gemaak het toe hy in die 2007 Super 14 eindstryd teen die Haaie in Durban met ’n “Jesus is King” T-hemp op die rugby regoppaal geklim het.

Jaco van der Westhuyzen en Hannes Pretorius.
Jaco van der Westhuyzen as Blou Bulle-held. Foto: Facebook.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Andrea van Wyk

Caxton’s Digital Editorial Manager. I am a journalist and editor with experience spanning over a decade having worked for major local and national news publications across the country and as a correspondent in the Netherlands. I write about most topics with a special interest in politics, crime, human interest and conservation.
Back to top button