Update

Donovan Marx-aanval: Beskuldigdes laat vaar borgaansoek in Noordwes

Die slagoffer van ’n plaasaanval naby Ventersdorp is gister uit die hospitaal ontslaan en vier mans het vandag in die hof verskyn.

Die vier beskuldigdes in die Donovan Marx-plaasaanvalsaak het vanoggend (13 November) in die Ventersdorpse Landdroshof hul borgaansoeke vir eers laat vaar.

Volgens Potchefstroom Herald sal Phindile Nomngcayi (29), Thomas Motlhonglong (27), Godfrey Mathipa (56) en Jan Maishone (53) in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 15 Februarie 2027. Die vier word aangekla van poging tot moord met verswarende omstandighede, roof met verswarende omstandighede, aanranding, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, die onwettige besit van ammunisie en die rig van ’n vuurwapen.

’n Vyfde verdagte tree as ’n artikel 204-staatsgetuie op.

Verdere ondersoek gelas

Die staat het versoek dat die saak vir verdere polisieondersoek na selfoonrekords, ballistiese en DNS-verslae uitgestel word.

‘n Groep mense het vanoggend hul ondersteuning vir Donovan Marx gewys. Foto: Luca Karsten
Die aktivis, Petrus Sitho, buite die hof. Foto: Verskaf

Slagoffer uit hospitaal ontslaan

Marx (50) is gister (12 November) ná twee weke uit die Potchefstroom Mediclinic ontslaan nadat hy van sy veelvuldige beserings herstel het.

Hy is met lofliedere in die voorportaal van die hospitaal gegroet en het deurentyd die Here vir sy herstel geprys.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.
Back to top button