Dwelmnes in Groblersdal oopgevlek: Dwelms ter waarde van R2 miljard op beslag gelê

'n Plaaseienaar en twee Meksikaanse burgers is onder die verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die grootskaalse vervaardiging vir kristalmetamfetamien.

’n Kristalmetamfetamien-dwelmlaboratorium, ter waarde van R2 miljard, is in Groblersdal op ’n plaas oopgevlek.

’n Gesamentlike ondersoek deur die Valke in Limpopo en provinsiale polisie het gelei tot die ontdekking van die dwelmlaboratorium op 19 Julie.

Foto: Verskaf

Vier verdagtes, waarvan een die plaasieienaar en twee Mexikaanse burgers is, is gister in hegtenis geneem tydens ’n intelligensie-gedrewe operasie deur lede van die Limpopo-ondersoekeenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, bygestaan deur die Limpopo taktiese reaksiespan.

Die Valke het inligting ontvang oor verdagte aktiwiteite wat op die plaas gepleeg word, waarna daar toegeslaan is.

Foto: Verskaf

Vier strukture op die eiendom is deursoek en groot hoeveelhede chemikalieë, wat gebruik is vir die vervaardiging van onwettige dwelms, insluitend asetoon, sowel as klaar vervaardigde kristalmetamfetamien, met ’n geraamde straatwaarde van R2 miljard, is gevind.

Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek het sedert die begin van die jaar tien dwelmlaboratoriums ontbloot en 34 arrestasies gemaak.

Foto: Verskaf

Terwyl die ondersoek voortduur, sal die verdagtes more hul eerste verskyning in die Groblersdal-landdroshof maak vir die vervaardiging, handel en besit van onwettige dwelms.

Die Valke glo nog verdagtes kan binnekort in hegtenis geneem word.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Andrea van Wyk

Caxton’s Digital Editorial Manager. I am a journalist and editor with experience spanning over a decade having worked for major local and national news publications across the country and as a correspondent in the Netherlands. I write about most topics with a special interest in politics, crime, human interest and conservation.
Back to top button