News

Dwelmlaboratorium in Groblersdal oopgevlek, kristal metamfetamien met waarde van R2 miljard gekry

Dwelnes kry bloedneus op plaas in Groblersdal

’n Kristal metamfetamien dwelmlaboratorium, ter waarde van R2 miljard, is in Groblersdal op ’n plaas oopgevlek.

’n Gesamentlike ondersoek van die Limpopo Valke en provinsiale polisie het gelei tot die ontdekking van die dwelmlaboratorium op 19 Julie.

Vier verdagtes, waarvan een die plaasieienaar en twee Mexikaanse burgers is, is gister gearresteer tydens ’n intelligensie-gedrewe operasie deur lede van die Limpopo ondersoekeenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, bygestaan deur die Limpopo taktiese reaksiespan.

Die Valke het inligting ontvang oor verdagte aktiwiteite wat op die plaas gepleeg word, waarna daar toegeslaan is.

Vier strukture op die eiendom is deursoek en groot hoeveelhede chemikalië, wat gebruik is vir die vervaardiging van onwettige dwelms, insluitend asetoon, sowel as klaar vervaardigde kristal metamfetamien, met ’n geraamde straatwaarde van R2 miljard, is gevind.

Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek het sedert die begin van vanjaar tien (10) dwelmlaboratoriums ontbloot, en 34 arrestasies gemaak.

Terwyl die ondersoek voortduur, sal die verdagtes Maandag, 22 Julie, hul eerste verskyning in die Groblersdal-landdroshof maak, vir die vervaardiging, handel en besit van onwettige dwelms.

Die Valke glo nog verdagtes kan binnekort in hegtenis geneem word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button