FOTO’s: Middelburg haelstorm vee oeste plat, slaan diere dood en huis se vensters uit

’n Verwoestende haelstorm het ’n spoor van verwoesting agter gelaat, met sommige boere wat al hul gesaaides verloor het.

Die hael het so dik gelê dat dit maklik met sneeu misgis kon word.

Die storm het Middelburg Donderdagmiddag van Bethal en Ermelo se kant af getref.

 

Tussen Middelburg en Hendrina het ’n boom oor die pad (N11) gewaai. Die Eskom pale is ook omgewaai.

’n Boom het oor die pad geval tussen Middelburg en Hendrina.

 

Alhoewel die hael die dorp grotendeels gemis het, is daar erge skade in omliggende gebiede aangerig.

’n Boom het aan die brand geslaan in FA Venterstraat in Gholfsig nadat dit deur die weer raak geslaan is.

Weerlig het ’n boom aan die brand geslaan in Gholfsig. (Foto verskaf via WhatsApp)

By die Middelburg polisie se Berede Eenheid, is daar dakke van die geboue af gewaai.

’n Land Cruiser bakkie se voorruit is uitgeslaan.

Daar moes geskarrel word om te red wat te redde is uit die geboue.

Van die perdewaentjies is deur die wind rondgestoot.

Dakke is totaal en al verwoes.

By boere uit op die Stoffbergpad het bome omgewaai en dakke afgewaai.

’n Boom het omgewaai en in die swembad beland by ’n huis uit op die Stoffbergpad.

Op Bothasberg is boere se mielie en soja lande totaal en al weggeslaan. By een huis het die hael vensters uitgeslaan en ’n kalf dood geslaan. Die hael was so swaar dat dit selfs boombas van die bome se stamme afgeslaan het.

Op Stoffberg is daar ook skade aan gesaaides aangerig en store se dakke het afgewaai.

In Middelburg is daar die volgende reënval syfers aangemeld vir Donderdagaand:

• Dennesig 16mm

• Aerorand 19mm

• Gholfsig 26mm

• Kanonkop tussen 20 en 26mm

 

Daar is ook baie hael in die Belfast en Dullstroom omgewing aangemeld.

View image on TwitterView image on TwitterView image on Twitter

Read original story on mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Rod Skinner

He is the Regional Editor NKZN and Online Editor for the Northern Natal News. He has 30 plus years of experience.
Back to top button