Gautengse munisipaliteit betaal glo ingenieur vir 4 jaar terwyl hy by die huis sit

Die ingenieur se bestuurder het ‘n beskermingsbevel teen hom bekom na beweerde doodsdreigemente.

Dit het onlangs aan die lig gekom dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit glo al die afgelope vier jaar vir Silence Munwai, ‘n senior elektriese ingenieur, ’n salaris betaal terwyl hy by die huis sit en niks doen nie.

Volgens Kingsol Chabalala, ‘n lid van die provinsiale wetgewer en die DA se kiesershoof in Emfuleni-Noord-kiesersafdeling, sit Munwai al sedert 2019 by die huis terwyl hy ‘n jaarlikse salaris van R597 022 kry.

Emfuleni se bestuurder van parke en begraafplase, Sithembile Ngobeni, het ’n beskermingsbevel teen Munwai bekom nadat hy blykbaar gedreig het om hom te skiet en hom dood te maak.

Dit volg nadat Ngobeni glo vir Munwai aangespreek het oor hy alewig afwesig is by die werk.

DA lid van die provinsiale wetgewer, Kingsol Chabala.

Hierdie inligting is deur die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, Mzi Khumalo, verskaf op skriftelike vrae deur die DA wat in die Gautengse wetgewer ter tafel gelê is.

Chabalala sê die onopgeloste dispuut kom teen ‘n massiewe koste vir belastingbetalers en kan dit nie toegelaat word om voort te gaan nie.

“Dié dispuut tussen die twee werknemers kom die Emfuleni-inwoners, wat steeds aan ’n ineenstorting in dienslewering ly, duur te staan.

“Die feit dat hierdie dispuut al jare lank duur dui aan dat die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se menslike hulprobbe-afdeling misluk het om hierdie aangeleentheid aan te spreek,” sê Chabalala.

Die DA het gevra dat LUR Elias Khumalo dringend moet intree en die saak oplos om te voorkom dat meer geld die munisipaliteit vermors word.

Die DA vra ook dat die provinsiale regering van Gauteng maatreëls in plek stel om te verseker dat geskille tussen bestuurders en ondergeskiktes spoedig opgelos word.

 

Read original story on vaalweekblad.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button