Gevang: Leeu wat uit hok by lodge naby Loskopdam ontsnap

Voertuie is ingespan om die pad langs 'n boerdery se lyndraad te versper sodat verkeer nie die leeu sou steur nie.

Leo, die leeu wat lief is vir melk en kaas, wat Maandagoggend uit sy hok by Mbidi Lodge ontsnap het, is veilig terugbesorg aan sy eienaars.

Nog voor sonop Maandag, het een van die personeellede van die lodge digby Loskopdam besef die hek van Leo se hok staan oop.

Hy het dadelik probeer kontak maak met bestuurder Frikkie Tolmay, maar weens swak sein kon hy hom nie in die hande kry nie.

Leo se spoor is gevat om te kyk in watter rigting hy gestap het.

Intussen het die besturende direkteur van De Wagendrift Boerdery, Pieter Nel, vir Tolmay gekontak om hom te laat weet dat een van sy werknemers ’n leeu langs die lyndraad gesien het.

Tolmay het die personeellid van die lodge, wat op die leeu se spoor was, geskakel en daar is vasgestel dat Leo by die ingang van die boerdery is. Veearts dr. Andrew Baker het hom na die toneel gehaas.

Nel en ‘n personeellid van die boerdery, Andrew Barker, het hulle bakkies langs Leo parkeer, wat ewe bedees die omgewing bekyk het. Die pad is ook aan beide kante versper om te voorkom dat enige verkeer die leeu steur.

Die leeu is verdoof en teruggeneem na sy tuiste by Mbidi Lodge. Foto: Verskaf.

Nadat Leo verdoof is, is hy deur die De Wagendrift-bestuur en werkers op ’n voertuig gelaai en terugvervoer na Mbidi Lodge.

Die grendel waarmee die hek van sy hok toegemaak word het geknak, waarskynlik weens verwering, aangesien hierdie een van die eerste hokke op die lodge is.

Intussen het Mbidi al die hokke se hekke nagegaan om te verseker dat soortgelyke voorvalle nie plaasvind nie.

Leo is handgrootgemaak en het ’n baie liefdevolle geaardheid.

In ’n verklaring ná die voorval, het Nel sy dankbaarheid uitgespreek vir die vinnige reaksie, optrede en samewerking van die plaaswerkers en die veearts.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button