Grootouers, kleinkinders onder 8 wat sterf toe stroom bakkie meesleur by Heilbron
Die oorledenes is Sondag as vermis aangemeld nadat hulle nie hul eindbestemming op ’n plaas buite Heilbron bereik het nie.
Polisieduikers het gister die liggame van vier volwassenes en vier kinders, waarvan die jongste twee jaar oud is, uit die Kliprivier gehaal na ‘n tragedie wat hom oor die naweek buite Heilbron afgespeel het.
Die bakkie waarin die agt insittendes, ‘n oupa, ouma en hul kleinkinders – twee 10-jarige seuns, en ‘n 14-jarige dogter – asook ’n egpaar en hul 2-jarige dogtertjie was, is vermoedelik Saterdagaand deur vloedwater op ‘n laagwaterbrug meegesleur.
Polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle sê volgens die voorlopige ondersoek het die oorledenes Saterdagmiddag vanaf Heilbron gery, maar het nooit hul bestemming op ‘n plaas in die Heilbron-distrik bereik nie.
Hulle is Sondagaand as vermis aangemeld en die polisie het daarna met ‘n grootskaalse soektog begin.
’n Boer het gisteroggend ‘n voertuig in ‘n stroom opgemerk en dit aangemeld waarna soek-en-reddingshonde en hul hanteerders sowel as polisieduikers na die toneel is.
Die oorledenes se liggame is in die stroom gekry.
Die polisie het ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om wanneer daar die gevaar is van oorstromings, laagwaterbrue, riviere en strome te vermy.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za