Heilbron-plaasaanval: 13 verdagtes binne ure gearresteer

Die arrestasies na die brutale aanval was danksy die samewerking tussen polisie, die boeregemeenskap en ander rolspelers.

Dertien verdagtes onder wie 11 mans en twee vroue, is vanoggend (1 November) in hegtenis geneem ure na ‘n brutale plaasaanval in die Heilbron-distrik waartydens ‘n plaaswerker doodgeskiet en sy 34-jarige vrou seksueel aangerand en met ‘n mes gesteek is.

Die polisie het beslag gelê het op 22 skape, ’n vuurwapen, ‘n minibus en huishoudelike items, het kapt. Loraine Earle bevestig, berig Parys Gazette.

Vinnige en gekoördineerde optrede lei tot arrestasie

Die waarnemende kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Vrystaat, generaal-majoor Solly Lesia, het die vinnige en gekoördineerde optrede van die polisie, die boeregemeenskap, private sekuriteitsondernemings asook alle betrokke rolspelers geloof.

Die vrou is na ’n plaaslike hospitaal geneem waar sy mediese behandeling ontvang.

Hierdie vinnige reaksie en suksesvolle inhegtenisneming van die verdagtes toon wat bereik kan word wanneer die polisie en gemeenskap saamwerk.

“Ons sal voortgaan om beslissend op te tree teen enige vorm van gewelddadige misdaad,” het Generaal-majoor Lesia gesê.

Die verdagtes sal in die landdroshof in Heilbron verskyn op klagte van moord, poging tot moord, verkragting, roof en veediefstal.

Die plaasaanval in die Heilbron-distrik volg minder as drie weke ná ‘n voormalige werknemer ‘n 70-jarige boer, sy 68-jarige vrou en hul 34-jarige dogter op 12 Oktober op hul plaas langs die R500 (Parys/Fochville)-pad in die Buffelshoek-gebied aangeval en beroof het.

Malandela George Mbela (48) het homself ‘n dag na die aanval by die Parys-polisiestasie gaan oorgee waar hy deur lede van die Buffelshoek SAPD in hegtenis geneem is.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button