‘Hy is ’n gevaarlike man’: Chubby Chick-skieter se privaat hospitaalbehandeling gestaak

Die staat het glo eers gister verneem dat 'n 75-jarige dubbelmoordverdagte van Potchefstroom uit Pretoria weggestuur is ná 'n waarskuwingsbrief aan ’n hospitaal waar hy behandel is.

Die Potchefstroomse streekshof het vanoggend (1 Julie) gehoor dat die vermeende ‘Chubby Chick’-dubbelmoordverdagte, Robert Joubert (75), reeds sowat twee weke gelede na die Tshepong-hospitaal in Klerksdorp oorgeplaas is, berig Potchefstroom Herald.

Luidens inligting is die staat eers gister (30 Junie) van dié oorplasing ingelig.

Joubert kon nie in die hof op twee aanklagte van moord met voorbedagte rade verskyn het nie omdat hy vir ’n onkologiese ondersoek by die Klerskdorp/Tshepong-hospitaalkompleks moes wees.

Joubert word by die hospitaalafdeling van die Klerksdrop-gevangenis aangehou.

Die Gautengse hooggeregshof het verlede maand toestemming gegee dat Joubert vanaf die Potchefstroom-gevangenis na die Netcare Jakaranda-hospitaal oorgeplaas mag word.

Hy moes gespesialiseerde ortopediese en psigiatriese behandeling ontvang.

Volgens die hofbevel kon hy vir vier weke, of so lank as wat die spesialiste dit nodig ag, opgeneem word. Hy moes egter onder wettige aanhouding en streng toesig bly.

Christo Meiring, Joubert se regsverteenwoordiger, het in die hof verduidelik dat ’n prokureur ’n brief aan die Netcare Jakaranda-hospitaal gestuur het. Die brief het beweer dat Joubert ’n gevaarlike man is.

Volgens Meiring het die hospitaal daarna aangedui dat hulle hom nie langer wil behandel nie.

Joubert het op 17 Junie ’n operasie ondergaan en is later na Klerksdorp verskuif.

Die saak is tot 2 September uitgestel.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button