Internasionaal bekende kunstenaar Portchie sterf op 62

Johan Hendrik Viljoen, alombekend as Portchie, is ná ’n kort siekbed in Stellenbosch oorlede.

Die internasionaal bekende Weskaapse-kunstenaar Portchie is vanoggend (12 Junie) in die ouderdom van 62 oorlede.

Portchie, wie se doopnaam Johan Hendrik Viljoen was, is ná ’n kort siekbed in ’n hospitaal in Stellenbosch oorlede.

Sy familie het die nuus op sy Facebookblad bevestig: “Dit is met diepe hartseer dat ons die afsterwe van ons geliefde broer, mentor en vriend deel. Hy het ontelbare lewens geraak deur sy geloof, sy kuns, sy vriendelikheid, sy wysheid en sy onwrikbare passie vir die lewe. Sy nalatenskap sal voortleef in die harte van almal wat hom geken het en in die skoonheid wat hy aan die wêreld gebring het.”

Portchie het geen kinders gehad nie.

Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.

Volgens ’n vriend, wat gevra het om anoniem te bly, het hy onlangs ’n hartaanval gehad en moes ’n hartklepvervangingsoperasie ondergaan.

Portchie was wyd bekend vir sy vrolike, helder en kleurryke skilderye en kunsartikels. Hy het verlede jaar ook sy kuns as kommersiële gebruiksartikels in verskeie winkels verkoop. Dit het onder meer plekmatjies en servette ingesluit.

Sy memoir Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square het sowat twee jaar gelede by Tafelberg Uitgewers verskyn.

Een van sy mees bekendste sêgoed was: “Fietsry is soos die lewe — hoe harder jy trap, hoe meer kry jy daaruit.”

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Yolanda Lemmer

Yolanda Lemmer has been a journalist for the past 20 years. She enjoys writing about people, culture, the arts, and human-interest stories that portray everyday South African life.
Back to top button