Jongman se uitstappie eindig in Ladismith polisiesel

Die man beweer dat polisie hom vals beskuldig het end at hule daarna geweier het dat hy klagtes teen die betrokke beamptes lê.

‘n Man met ’n spraak- en gehoorgestremdheid beweer dat hy deur polisiebeamptes verneder en onregmatig gearresteer is op aanklag van dronk in die publiek toe hy verlede naweek sigarette wou gaan koop het by ‘n spazawinkel in Ladismith.

Oudtshoorn Courant berig dat Reynold Beukman (28) verlede Sondag ongeveer 12:00 winkel toe gestap het. ‘n Polisievangwa het langs hom gestop terwyl hy op sy selfoon besig was.

Beukman sê dat die polisiebeamptes uit die vangwa ‘gevlieg’ en hom teen die voertuig laat staan het terwyl hulle om deursoek.

“Hulle het my foon geneem, my broeksakke deursoek en ‘n botteltjie ‘Tropika’ uit my agtersak gehaal. Daar was bietjie whiskey in die bottel, maar ek was nie dronk nie. Ek het nog nie eens van dit gedrink nie. Ek het dit by iemand gekry en sou dit by die huis gaan drink het.”

Beukman sê die polisie het hom op aanklag van dronk in die publiek in hegtenis geneem en hy is glo eers vier ure later vrygelaat.

Na sy vrylating het die beampte vir hom ‘n vorm gegee met ‘n lys van die besittings wat hy met sy arrestasie by hom gehad het, maar in plaas van sy eie naam was sy pa se naam, Riaan Beukman, op die vorm ingevul.

Hy is die volgende dag terug na die stasie om ‘klagtes teen die beamptes in te dien’. Hy beweer dat die beamptes nie sy klag wou neem nie. Hy het ‘n video hiervan geneem.

Beukman kon wel met die stasiebevelvoerder, lt.kol. Pauline Kriel, praat en hy beweer dat hy die video vir haar gewys het.

Beukman sê omdat hy doof is kommunikeer hy moeilik met mense.

“Hulle het my verneder en nie reg behandel nie. Ek is ontevrede met hoe die situasie verloop het.”

Kriel het aan Oudtshoorn Courant bevestig dat ‘n onafhanklike ondersoekspan die saak sal hanteer.

Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, word die bewerings as ernstig beskou. Spies het gesê dat Beukman die situasie met die stasiebevelvoerder moet bespreek sodat dit op ‘n skaflike wyse uitsorteer kan word.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button