Kind glo met sambok doodgeslaan: Ma, ekskêrel in George-hof

'n Negejarige seun is dood nadat hy glo met 'n sambok geslaan en herhaaldelik neergegooi is.

Die man en vrou, Ray-Morgan Cronjé (32) en sy voormalige meisie Chantelle Domingo (32) van Pacaltsdorp, wat beide teregstaan op aanklag van die moord op Domingo se negejarige seun, Juwayne, het vroeër vandag in die George-streekhof verskyn.

Cronjé het nie vir borgtog aansoek gedoen nie en is in aanhouding sedert sy inhegtenisname. Domingo is in Januarie borgtog van R2 000 toegestaan.

Die staat het aanvanklik Domingo se borgtogaansoek teengestaan omdat sy, soos Cronjé, van moord met ‘n gemene doel, ‘n skedule ses oortreding, beskuldig word.

Hulle is op 13 Mei 2023 in hegtenis geneem ná Juwayne glo met ‘n sambok doodgeslaan is. Hy is na bewering ook verskeie kere hard neergegooi.

Tydens die ondersoekbeampte se getuienis met Domingo se borgtogaansoek het dit aan die lig gekom dat Juwayne glo dikwels van sy ma se huis in Jakarandastraat weggehardloop het na sy ouma toe.

Die saak is uitgestel tot 20 Junie vir die voorverhoor.

Read original story on www.georgeherald.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button