Kyk: Affie wen harte met wentoespraak oor Afrikaans

Mpumi Rakhudu van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria sê in sy toespraak Afrikaans is die taal wat hom bevry het.

‘n Video van een van die wenners van die ATKV-Redenaarsfinaal het die internet aan die gons.

In die video herhaal Mpumi Rakhudu sy wentoespraak oor sy liefde vir Afrikaans voor die leerders van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.

Die video het reeds nadat dit op sy skool se sosiale media gedeel is laatmiddag op 16 Augustus, op Facebook meer as 1 500 kommentare gelok, is deur bykans 970 000 gebruikers gesien en is meer as 11 000 keer gedeel.

Rakhudu, gedugte spreker van die skool en ‘n matriekleerling, het vanjaar weer sy stempel afgedruk tydens die ATKV-Redenaarsfinaal.

Hy het in die kategorie Afrikaanse Addisionele Taal vir leerders van graad 10 tot graad 12 (voorbereid) die eerste plek ingepalm en het ook weggestap met die toekenning vir die beste taalgebruiker in hierdie kategorie.

Hy was ook die wenner van die onvoorbereide afdeling (Afrikaans Addisionele Taal) vir leerders van graad 10 tot graad 12.

Hy noem homself in die toespraak “’n laaitie van Mamelodi” wat Afrikaans as sy huistaal beskou al is sy huistaal Tswana.

Met humor en navorsing oor taal bewys hy sy punt oor hoekom Afrikaans hom bemagtig.

Sy tema is: “Afrikaans, my geheime wapen in die bokskryt van die lewe.”

“Dit is die taal wat my bevry het,” sê Rakhudu.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Andrea van Wyk

Caxton’s Digital Editorial Manager. I am a journalist and editor with experience spanning over a decade having worked for major local and national news publications across the country and as a correspondent in the Netherlands. I write about most topics with a special interest in politics, crime, human interest and conservation.
Back to top button