Kyk: Hokaai, daar is nie nog ‘n passasier – beseerde uit hospitaal tydens soektog in mielielande
Die polisie se tyd is gistermiddag vir ure gemors terwyl hulle na 'n 'beseerde' in 'n mielieland gesoek het.
’n Soektog met hulp van die Middelburg K9-eenheid het gistermiddag op ’n plaas buite die dorp afgespeel, nadat een van die beseerdes in ‘n ernstige motorongeluk beweer het dat ’n vierde passasier van die wrak gevlug het. Dit is later, deur ‘n insittende wat hospitaal toe geneem is, bevestig dat daar net drie mense in die voertuig was.
Middelburg Observer berig die ongeluk het op die Stoffbergpad (R555) sowat 9km buite Middelburg plaasgevind, toe die bestuurder van ’n donkergroen Volkswagen Golf 4 beheer oor die voertuig verloor het. Die voertuig het gerol en op sy dak tot stilstand gekom teen die grens van ’n mielieland op die plaas Sterkstroom. Al die insittendes is uit die voertuig geslinger.

Nadat Adjudant André Smit met Zues en Adjudant André Booyens met Duke vir meer as ‘n uur in die mielieland na die persoon gesoek het, is hulle laat weet dat een van die beseerdes erken het dat daar nie nog ‘n persoon in die kar was nie.

Met die polisie en ambulansdienste se aankoms op die toneel het hulle die beseerdes almal buite die voertuig en in die mielielande gevind.
Een van die mans was baie ernstig beseer en kon nie met die lede op die toneel praat nie. Alhoewel die twee ander ernstige snywonde opgedoen het, was hulle by hulle positiewe en is gesê dat hulle vier in die voertuig was. Daar is gemeld dat een van die vier ‘n duimgooier was wat hulle vroeër die middag opgelaaai het.


Die polisielede op die toneel was uiters bekommerd oor ‘n moontlike vierde pasiënt en het die Middelburg K9-eenheid gekontak, omdat hulle nie nog ‘n pasiënt in die groot mielieland kon sien in die omgewing waar die ander gekry is nie.
Ná ‘n uurlange vrugtelose gesoek is daar laat weet dat die persoon wat ernstig beseer en hospitaal toe geneem is, die bestuurder van die voertuig was en dat daar slegs drie mense in die voertuig was.
Kyk die video:
@middelburgobserver Three people injured after vehicle rolled into farm on the Stoffbergroad, 9km from Middelburg.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za