Kyk: Hulp vir beseerde Bronkhorstspruit-rugbyspeler inspireer inisiatief om ander te help

‘n Inisiatief is begin nadat die publiek geld geskenk het sodat 'n 22-jarige rugbyspeler 'n nekoperasie in 'n privaat hospitaal kon kry.

Rico Eagles, ‘n 22-jarige rugbyspeler van Bronkhorstspruit, sterk tans aan van ’n nekoperasie ná hy twee weke gelede in ’n klubrugbywedstryd op Bronkhorstspruit beseer is.

Ridge Times berig Eagles was op 27 Julie eers na die staatshospitaal op Bronkhorstspruit gehaas, maar was weggewys omdat die radiografie-afdeling toe was.

Hy is toe in die staatshospitaal in Mamelodi opgeneem waar hy in traksie was terwyl hy onbepaald moes wag om geopereer te word.

Nog ‘n frustrasie vir sy ouers, Marcus en Lorraine, was toe die penne wat in sy kop geplaas is, uitgeskeur het.

’n BackaBuddy-rekening is geopen danksy ’n vrou wie se eie seun ook vroëer vanjaar ’n rugbyverwante besering opgedoen het. Die geld het oornag ingestroom – genoeg dat Eagles Saterdag na Life Eugene Marais-hospitaal in Pretoria oorgeplaas kon word.

Dr. Helene Basson van Operation Healing Hands het gister op Eagles opereer.

Die Rico Eagles Initiative is op die been gebring om ook ander rugbyspelers wat beserings opdoen, maar nie mediese dekking het nie, by te staan. Jy kan hierdie insiatief se Facebook-blad hier volg.

Kyk die video:

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Arisja Misselhorn

I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.
Back to top button