Kyk: Koedoes maak amok in Middelburg-woonbuurt

Twee koedoes het inwoners van Kanonkop behoorlik laat bontstaan nadat hulle deur strate gehardloop en een selfs deur ’n huis se sitkamervenster gebars het.

Twee koedoes het inwoners van Kanonkop in Middelburg, Mpumalanga, al sedert vanoggend 03:00 uit die vere.

Middelburg Observer berig die grootste van die twee, ’n jong bul, is vanmiddag deur dr. Munnik Hertzog gepyl en veilig in ’n wildswa gelaai. Die tweede een, ’n jong kalf, is ‘n straat verder verdoof. Die koedoes sal later in die Loskopdam-natuurreservaat vrygelaat word.

Die bok word grond toe gebring. Foto: Gerhard Rheeder

Die nuus van die koedoes in die omgewing is vroegoggend op ’n WhatsApp-groep gedeel. Die koedoe-bul en -kalf is egter van mekaar geskei nadat lede van die Dagpatrollie die bokke probeer inperk het. Mure en palissadeheinings kon die diere egter nie keer nie.

Koekie van Wyk betrag die skade aan haar huis in Broodboomstraat. Foto: Gerhard Rheeder

Die bul is uiteindelik in die sitkamer van ’n huis in Broodboomstraat gepyl. Hy het weens die skok deur ’n ruit gebars. Hy het later deur dieselfde ruit geklim, waarna die verdowing in die oprit ingeskop het. Hertzog het die bok met die hulp van omstanders grond toe gebring en na die wildswaentjie gedra, waar die koedoe weer bygebring is.

Die koedoe word wildswa toe gedra. Foto: Gerhard Rheeder

Groot skade is in die huis van Koekie van Wyk aangerig. Van Wyk was reeds met haar versekeraars in kontak. Die glasmense was nog voor Hertzog op die toneel, maar moes onverrigter sake omdraai omdat die koedoe toe nog in die huis was.

Die koedoe word weer wakker gemaak. Foto: Gerhard Rheeder

Bloedvlekke is regdeur die huis opgemerk waar die bok beweeg het. Die koedoebul het snye opgedoen toe hy deur die ruit is, maar Hertzog het bevestig dat die wonde oppervlakkig is. Hy het ook reeds antibiotika en ander nodige behandeling aan die diere toegedien.

Die kleiner bok in Tambotiestraat. Foto: Gerhard Rheeder

Die kleiner bok het homself tuisgemaak tussen ’n boot en ’n voertuig onder ’n afdak in Tambotiestraat.

Verskeie rolspelers het ingespring om te help. Dynamicx Drones het hulp vanuit die lug verleen om die bokke op te spoor. Midwit Diesel en Olie het die dieselkoste gedek van hulpverleners soos Piet Wassenaar, die bekende wildshanteerder en slangvanger van eMalahleni.

Die bokkie is, nadat hy gepyl is, weer af rivier se kant toe waar hy eindelaaste gelaai is.

Die koedoes sal nou eers in kwarantyn geplaas word om vas te stel of hulle bek-en-klouseer het voordat hulle vrygelaat word.

Kyk die video’s:

@middelburgobserver

Two kudus has been roaming around Kanonkop since 03:00 this morning, a video posted on Traffic Alert shows. One of the kudus entered a home by bursting through a lounge window where it was darted inside the home. The second was darted and ran towards the Klein Olifants River where it was found, treated an loaded onto the game vehicle.

♬ original sound – MiddelburgObserver –

Waarskuwing: Die video hieronder bevat grafiese inhoud wat sensitiewe kykers kan ontstel

@middelburgobserver

Ms Koekie van Wyk looking at the damage to her house, which was caused a a kudu bull that burst through her lounge window three hours ago. The bull was darted by Dr Munnik Hertzog inside the Kanonkop home. A second kudu was later darted just a street away in Tambotie-road.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button