Kyk: Marathonatleet deur gewapende lyfwag vergesel in Vanderbijlpark

Sosialemediagebruikers is aan die gons ná 'n video gedeel is waarin 'n atleet glo deur haar lyfwag op die roete beskerm word.

‘n Video van ‘n swaar gewapende manlike lyfwag wat ‘n vroulike atleet tydens ‘n marathon in Vanderbijlpark vergesel het die internet aan die gons.

Op die video kan mens sien hoe die wag met wat soos ‘n geweer lyk agter ‘n vroulike atleet aan hardloop asof hy haar beskerm.

Mens hoor dan ‘n toeskouer roep: “Gunman, we see you!”

Die video is blykbaar Sondag tydens die Vaal River City Marathon by die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark geneem.

Dit lyk of die atleet die kleure van die Fat Cats-atletiekklub dra.

Op die oog af blyk dit of die atleet en haar helper Atletiek Suid-Afrika se reëls oor hulp aan atlete (seconding) oortree. Dit is ook onbekend of dit ‘n geregistreerde lyfwag is.

Vaalweekblad verstaan die atleet is van Atletiek Gauteng-Sentraal en dat die voorval deur die atletiekliggaam ondersoek word.

Blykbaar het die atleet nie vooraf toestemming by die organiseerders gevra nie.

Sy is in ‘n stadium ook deur voertuie vergesel.

Read original story on vaalweekblad.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button