Kyk: Mpumalanga-polisie soek na rowers by veldbrand, in plantasie
Verdagtes wat positief verbind word met ’n plaasaanval vanoggend op eNtokozweni (Machadodorp), het in die plantasie by Kaapsehoop in verdwyn.
Die honde-eenheid (K9), asook verskeie ander polisie-eenhede en ’n sekuriteitsfirma is deel van die soektog na ‘n groep rowers wat vanoggend ’n gesin by ’n lodge op eNtokozweni (Machadodorp) aangeval het.
Hulle is aanvanklik in die omgewing van ’n erge veldbrand gesien, maar daar is later op noodgroepe gesê dat hulle in die plantasie by Kaapsehoop in gevlug het.
Die rowers het in ’n Volkswagen Golf gevlug en by Kaapsehoop afgedraai, waar hulle die voertuig langs die pad gelos en verder te voet gevlug het.
Daar is drie verdagtes opgemerk in die omgewing. Een dra ’n swart baadjie met ’n kappie en die ander twee het koeëlvaste baadjies aan. Tydens die rooftog vanoggend het een ’n Ak47-aanvalsgeweer gehad en die ander handwapens.
Mense word gevra om dié area te vermy.
Aanval
Vyf rowers het vroeg vanoggend die eienaars van ‘n lodge op die Schoemanskloofpad aangeval.
Na wat verneem word, is hulle aangerand en gedwing om hulle wapens aan die rowers te oorhandig.
@middelburgobserver Location: Oliepoort depot and Kaapsehoop road Reason: SAPS are currently pursuing armed suspects in the area Warning: Avoid the area until further notice. Please prioritize your safety and avoid the area until the situation is brought under control. Police are searching for armed suspects in area where a large veld fire is raging. #middelburg #fire #police ♬ original sound – MiddelburgObserver
Die booswigte het gevlug in Mbombela (Nelspruit) se rigting in en noodgroepe was aan die gons soos die polisie en lede van die publiek boodskappe stuur oor waar hulle die verdagte voertuig oral opgemerk het.
Daar is op die Mp Riots & Traffic WhatsApp-groep gevra dat mense dié areas moet vermy, want daar is ’n ernstige brand in die area tussen die Oliepoort Depot en die Kaapsehooppad én dat die polisie agter die rowers aan is in die bosse.
Read original story on www.citizen.co.za