Kyk: Nóg kruise vir slagoffers van plaasmoorde

Trekkers, karre en motorfietse het die N1 aangedurf na die Witkruismonument buite Polokwane, om hulde te bring aan slagoffers van plaasmoorde.

Plaasmoordslagoffers se familielede het Saterdag weer wit kruise langs die N1 buite Polokwane in Limpopo geplant.

Jaarliks trek mense van heinde en ver saam om kruise te plant ter eerbetoning vir die boere en hulle gesinne wat die afgelope jaar vermoor is.

Polokwane Review het verlede jaar, tydens die monument se 20 jaar-herdenking, berig dat die doel van die Witkruismonument is om elke jaar se plaasmoorde in Suid-Afrika – sedert 2004 – jaarliks te gedenk deur die plant van ‘n metaalkruis vir elke boer en elke slagoffer.

Dié monument is geleë teen die voet van Ysterberg, tussen Mokopane en Polokwane. Die kruisplanting vind gewoonlik in September plaas, maar is vanjaar op die eerste naweek in Oktober gehou.

Middelburg Observer berig een van die gesinne wat al twee kruise geplant het is dié van Lappies Labuschagné (65) wat op 10 September ‪2025, 22‬ jaar gelede op Tonteldoos koelbloedig doodgeskiet is.

Hy was ’n geliefde inwoner van die omgewing.

Sy dogter, Magda Brits, het by navraag gesê dat hulle nie hierdie jaar die witkruisplanting kon bywoon nie.

Daar was egter ’n groot hoeveelheid trekkers, karre en motorfietse wat deel was van die stoet wat hierdie naweek op die N1 op pad na Polokwane na die terrein gery het.

Kyk die video’s:

Dié kruise het vroeër die jaar in die Withuis opslae gemaak toe President Donald Trump dit vir ’n Suid-Afrikaanse afvaardiging, waaronder President Cyril Ramaphosa, gewys het.

Kyk: Van die Withuis tot die Witkruismonument

Die leier van VF Plus, Dr Corné Mulder, wat onlangs in Washington was, het die naweek se geleentheid bygewoon. Hy het met Plaasmoord Aksie en Inligting gesels en genoem dat hierdie bewusmaking baie belangrik is.

Kyk die video:

Wetlike klassifikasie

George Herald het vroeër berig dat alhoewel voorvalle op ‘n plaas plaasvind, dit nie noodwendig as ‘n plaasaanval deur die polisie beskou word nie.

Plaasaanval: Verwys breedweg na geweldsmisdade wat gepleeg word teen mense wat op plase of kleinhoewes woon of werk. Dit kan roof, aanranding, marteling, verkragting of moord insluit. Die term het geen formele wetlike definisie nie, maar sulke aanvalle was die onderwerp van bespreking deur die media en openbare figure in Suid-Afrika en in die buiteland.

Plaasroof (huisroof op ‘n plaas): Word wettiglik as ‘n huisroof behandel. Verdagtes betree ‘n huis terwyl die inwoners teenwoordig is en gebruik geweld of dreigemente om hulle te beroof. Die feit dat die misdaad op ‘n plaas plaasvind, verander nie die wetlike klassifikasie daarvan nie.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button