Kyk: Pofadder onder kantoortafel laat man spring in Middelburg

’n Spekvet pofadder het hom tuis gemaak onder ’n tafel in ’n kantoor.

Wees versigtig om lekker kruisbeen by jou kantoortafel te sit, want jy mag dalk net op ’n pofadder trap!

Johan Stals moes Maandag vinnig van sy stoel af spring toe hy ’n pofadder onder sy tafel gewaar. Hy wou werk gaan doen in sy kantoor in hulle lapa op die plaas (N11 oorkant die vliegveld in Middelburg), toe hy die pofadder sien.

Sy vrou, Louise, het hom hoor gil en dadelik nader gehardloop om te hoor wat is fout, waarop sy ook die pofadder opgemerk het.

Die pofadder het hom opgekrul om luilekker onder die tafel te kuier.

Mark Salzwedel, die ondervoorsitter van die Middelburg Herpetologiese Vereniging, het die pofadder gaan vang en reeds weer in die omgewing losgelaat.

Hy meld dat hulle ’n toename het in slange wat in huise en besighede gaan skuil weens die baie reën. Dit is egter ook die draai van die seisoen en slange is op jag voor hulle gaan hiberneer.

Die pofadder is reeds losgelaat in die veld waar dit nie naby mense kan kom nie.

Salzwedel vra dat wanneer mense ‘n slang opmerk, hulle die slang moet dophou wanneer hulle die lede van die herpetologiese vereniging kontak, aangesien ‘n slang baie vinnig van een area na die ander kan beweeg. “As jou tuin netjies en skoon is, gaan die slang verbybeweeg na ’n ander area waar hy rotte in die hande kan kry.”

As mense onseker is watter slang dit is, moet hulle dit nie self probeer vang nie. Sit eerder ’n pyp (wat toe is aan een kant) of ’n emmer met koerante binne-in skuins neer, sodat die slang daar kan inkruip tot die slangvangers die slang kan kom haal.

• Alhoewel ’n pofadder ’n baie lui slang is en lank op een plek kan lê, moet onkundige mense nie die slang onderskat nie. Dit is die slang wat die vinnigste pik in Suid-Afrika. “In die tyd wat jy jou oë knip, kan hy jou twee keer al gepik het!” sê Salzwedel.

Die pofadder se gif is uiters sitotoksies en dit voel asof jy jou ledemaat in kookolie druk wanneer dié slang jou pik. Weefselskade tree dadelik in en moet ‘n pasiënt binne ’n uur teengif kry.

Kyk die video:

@middelburgobserver

Pofadder in kantoor onder tafel gevang. Middelburg Herpetologiese Vereniging vang nou byna daagliks slange wat na huise en besighede vlug weens die reën.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button