Liggaam van baba in sak op strand in Hartenbos gevind

Die liggaam is in 'n pienk lap en twee plastieksakke toegedraai en in 'n koelsak versteek.

‘n Ondersoek is deur polisie in Hartebos geloods na die liggaam van ‘n baba vanoggend op die strand gevind is.

Forensiese beamptes Kenwyn Barnardo en Nathan Moolman dra die liggaam van ‘n baba weg.

Die geslag en ouderdom van die baba is nog nie bekend nie.

Die polisie se kommunikasiebeampte, Adjudant Offisier Kappie Kapp, sê die liggaam is om ongeveer 10:00 naby die riviermond deur ‘n strandganger gevind.

Die polisie se kommunikasiebeampte, Adjudant Offisier Kappie Kapp, sê die liggaam is om ongeveer 10:00 naby die riviermond deur ‘n strandganger gevind.

“Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om ons met inligting te help. Enigeen met inligting oor iemand wat onlangs geboorte geskenk het en skielik nie meer ‘n baba het nie sal die ondersoekspan help. Die lap waarin die baba toegedraai is en die koelsak is ook uitkenbaar.”

Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte in die saak, Adjudant Offisier Marizaan du Plessis, skakel by 079 879 9003.

Read original story on www.mosselbayadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button