Limpopo plaasmoord: 19 jaar tronkstraf in Roossenekal saak

’n Man is tot tronkstraf gevonnis vir moord nadat ‘n bejaarde man ernstig aangerand en later aan sy wonde beswyk het tydens ‘n plaasaanval in Roossenekal.

Die Polokwane Hooggeregshof het ’n 26-jarige man, Bobo Mokoena Mathibe, tot effektief 19 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir moord en roof met verswarende omstandighede in verband met ’n gewelddadige plaasaanval in Roossenekal gedurende 2025, berig Polokwane Review.

Bejaarde man op Hartelus-plaas aangeval

Die hof het gehoor dat die voorval op 30 April 2025 omstreeks 08:45 by Hartelus-plaas plaasgevind het, waar ’n bejaarde man, Robert Petrus Rodrick Stoltz, ernstig aangerand in sy woning aangetref is.

Daar word beweer die slagoffer is met ’n staalstaaf buite op die erf aangeval. Hy is daarna na die huis gesleep, waar sy hande agter sy rug vasgebind en ’n lap in sy mond gedruk is. Hy het later aan sy beserings beswyk.

Huis geplunder en voertuig gesteel

Na die aanval is die huis na bewering geplunder en kontant van R3 000 asook ’n windbuks gesteel.

Die verdagte het daarna in die slagoffer se blou Chery-voertuig van die toneel gevlug. Die voertuig is later in ’n ongeluk naby Burgersfort langs die R555 gevind.

Ondersoek lei tot inhegtenisnemings

Polisie het gesê ’n intensiewe ondersoek deur speurders, lede van die Gemeenskapsdienssentrum, landelike veiligheidsbeamptes en informante het gelei tot die inhegtenisneming van Mathibe en ’n tweede verdagte ’n paar weke ná die voorval.

Die tweede verdagte is later vrygelaat nadat bewyse hom nie met die misdaad kon verbind nie.

Vonnis opgelê

Mathibe is soos volg gevonnis:

  • Klag 1: Moord – 19 jaar gevangenisstraf
  • Klag 2: Roof met verswarende omstandighede – 10 jaar gevangenisstraf

Die hof het gelas dat die vonnisse gelyklopend uitgedien word, wat ’n effektiewe 19 jaar gevangenisstraf tot gevolg het.

Polisie verwelkom uitspraak

Provinsiale polisiekommissaris Lt Gen Thembi Hadebe, het die vonnis verwelkom en die ondersoekspan vir hul toewyding en samewerking geloof.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.
Back to top button