Man in hegtenis ná Meyerton-vrou se moord

'n Man sal na verwagting vandag in die Vereeniging-landrosshof verskyn nadat sy vrou se liggaam in 'n sak langs 'n stroom gevind is.

‘n Agt-en-dertigjarige man sal na verwagting vandag sy eerste verskyning in die Vereeniging-landrosshof maak, nadat hy in hegtenis geneem is vir die moord op sy vrou.

Sy vrou is Dinsdag as vermis aangemeld ná bewerings dat hy haar met ‘n mes gesteek en in hulle huis toegesluit het.

Vaalweekblad berig dat die polisie ondersoek ingestel het, maar nie die man of sy vrou kon in die huis gevind word nie.

‘n Soektog na albei is van stapel gestuur en die man is Donderdag in Vereeniging opgespoor, met die hulp van die gemeenskapspolisieringsforum, en in hegtenis geneem.

Na ondervraging het hy die polisie na ‘n stroom gelei waar die slagoffer se liggaam binne-in ‘n herwinningsak gevind is.

Die man word van moord aangekla.

Die polisie bedank die gemeenskap vir hulle bystand met die vastrek van die verdagte en beklemtoon dat geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord die hulp van gemeenskappe benodig om dit stop te sit.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Back to top button