Man op ongelukstoneel in hegtenis geneem ná hy glo te diep in die bottel kyk

'n Man sal more in die landdroshof op Sasolburg verskyn nadat hy op 'n ongelukstoneel in hegtenis geneem is.

‘n Man (29) is gister op ‘n ongelukstoneel op die R57 in die rigting van Vanderbijlpark in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en bestuur onder die invloed van drank.

Polisiewoordvoerder Sersant Josephine Rani sê lede van die Fezile Dabi-distrik se hoofwegpatrollie was besig met patrollies op die R57 toe hulle op die ongelukstoneel tussen ‘n Golf 5 en ‘n vragmotor afgekom het.

Daar is toe vasgestel dat die bestuurder van die Golf 5 onder die invloed van drank was, sê Rani. Die ongelisensieerde vuurwapen en drie rondtes ammunisie is by die man gekry.

Hy is op die ongelukstoneel in hegtenis geneem en sal more in die Sasolburgse landdroshof verskyn.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Andrea van Wyk

Caxton’s Digital Editorial Manager. I am a journalist and editor with experience spanning over a decade having worked for major local and national news publications across the country and as a correspondent in the Netherlands. I write about most topics with a special interest in politics, crime, human interest and conservation.
Back to top button