Man op ongelukstoneel in hegtenis geneem ná hy glo te diep in die bottel kyk

'n Man sal more in die landdroshof op Sasolburg verskyn nadat hy op 'n ongelukstoneel in hegtenis geneem is.

‘n Man (29) is gister op ‘n ongelukstoneel op die R57 in die rigting van Vanderbijlpark in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en bestuur onder die invloed van drank.

Polisiewoordvoerder Sersant Josephine Rani sê lede van die Fezile Dabi-distrik se hoofwegpatrollie was besig met patrollies op die R57 toe hulle op die ongelukstoneel tussen ‘n Golf 5 en ‘n vragmotor afgekom het.

Daar is toe vasgestel dat die bestuurder van die Golf 5 onder die invloed van drank was, sê Rani. Die ongelisensieerde vuurwapen en drie rondtes ammunisie is by die man gekry.

Hy is op die ongelukstoneel in hegtenis geneem en sal more in die Sasolburgse landdroshof verskyn.

Read original story on www.citizen.co.za

Back to top button