Man sterf ná luukse trein hom in Middelburg tref

'n Grusame ongeluk het vroeg vanoggend afgespeel toe 'n man nie gereageer het toe die waarskuwing treinfluit getrek is nie.

’n Man het vanoggend in die vroeë oggendure gesterf nadat hy op ‘n treinspoor tussen Derwent-stasie en Middelburg deur ‘n luukse Rovos Rail-trein getref is.

Dié trein, wat vanaf Zimbabwe na Gauteng onderweg was, staan tans by die Middelburg-stasie.

Na wat verneem word, het die ongeluk kort voor beurtkrag (net voor 01:00) gebeur, sowat 300m vanaf die oorweg na ‘n plaaslike hotel, naby ’n plothek.

Die treindrywer het gesê dat die persoon op die spoorlyn gelê het en nie gereageer het toe hy die waarskuwing treinfluit getrek het nie. Alle pogings om die trein betyds te stop het misluk en die persoon is getref.

Die bosbrekerplaat aan die voorkant van die trein het die persoon weggeslinger van die spoorlyn af en hy het weens die impak gesterf.

Daar is ‘n vrou in die omgewing wat aan Middelburg Observer gesê het dat haar seun gaan stap en nooit weer teruggekom het nie. Sy gaan more lykshuis toe om te kyk of dit haar seun is wat raakgery is.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button