Man van Noordwes in hof ná hy glo sy honde verkrag

Waarskuwing: Hierdie berig bevat inligting wat sensitiewe lesers kan ontstel.

‘n 48-jarige man sal volgende Maandag weer in die hof verskyn nadat hy Donderdag in Stilfontein in hegtenis geneem is op aanklag van bestialiteit.

Volgens Noordwes se polisiewoordvoerder Kolonel Adele Myburgh is die insident op 10 November by die polisiestasie in Stilfontein deur ‘n plaaslike diereskuiling (Matlosana Animal Shelter) aangemeld. Myburgh bevestig dat ‘n saak van bestialiteit ondersoek word en dat die verdagte op 17 November en 20 November in die hof verskyn het. “Hy het na bewering sy vier honde verkrag,” noem Myburgh.

Suzette Kotze, die mede-eienaar van Matlosana Animal Shelter, brei uit op die gebeure.

“’n Vriend van die verdagte het na die shelter toe gekom met videos van waar die verdagte seks met honde het. Ons het onmiddellik ‘n klag by die polisie gaan lê. Toe ons by sy huis opdaag het hy weggehardloop. Ons moes vir hom ‘n lokval stel om hom te vang,” verduidelik sy.

Kotze vertel dat hulle met die man in aanraking gekom het en vir hom gesê het dat hy na die diereskuiling toe moet kom sodat hulle vir hom hulp kan reël. “Ek en my man het die verdagte by Meiringspark Spar opgelaai en na die shelter toe gevat. Die speurders het in die shelter se kliniek weggekruip en hom gearresteer.”

Die hondjies wat gekonfiskeer is. Foto: Verskaf.

Die honde

Kotze bevestig dat daar op vier hondjies beslag gelê is wat tans by die diereskuiling aansterk. “Dit gaan goed met die hondjies, hulle is baie lief daarvoor om met balle te speel. Op hierdie stadium gee ons vir hulle baie aandag. Nog geen mans was naby hulle nie, ons vroue-personeel werk nou met hulle. Van volgende week af sal die voorsitter van die shelter met hulle begin werk sodat ons kan sien wat hul reaksie teenoor ‘n man is. As hul ‘n negatiewe reaksie toon, sal ons hul stelselmatig weer gewoond maak aan mans.”

Kotze vertel die honde was brandsiek. “Dis ‘n vlooi wat in die vel ingaan en die hare van binne af opeet. Dit gebeur wanneer honde nie gebad en versorg word nie,” verduidelik sy.

Die hondjies was brandsiek weens mishandeling. Foto: Verskaf.

Grusame dade

Die grusaamheid van die gebeure vererger egter wanneer Kotze noem dat die verdagte na die honde verwys het as sy vrou en kinders.

“Die wit enetjie, ‘n Jack Russel, het hy gesien as sy vrou en die ander hondjies as sy kinders. Die Jack Russel het hy omtrent drie tot vier keer per dag verkrag. Haar baarmoeder moet verwyder word.”

Kotze noem dat die ander hondjies ook verskeie operasies moet ondergaan. “In my opinie is die verdagte nie rehabiliteerbaar nie. Hy het vir my en my man gesê dat hy vir die hondjies kos en blyplek gee, en dat dit is hoe die hondjies hom moet betaal daarvoor.”

Die hondjie wat die verdagte as sy vrou sien. Foto: Verskaf.

Kotze voeg by dat een van die honde Sondag geboorte gegee het aan vier baba-hondjies. “Hy het ‘n dragtige hond verkrag,” sê sy.

Kotze deel die nuus dat sy gereeld met sake van bestialiteit te doen kry. “Die was die eerste keer wat ons sulke goeie bewysstukke gehad het om die man te kan aankla.”.

Kotze sê die gebeure het haar geruk. “Ek is baie getraumatiseer. Ek was fisies siek. Ek het koors gehad, ek het ophou eet. Ek het nie woorde nie. Dis iets afgrysliks om te sien,” verwys Kotze na die videomateriaal wat sy en haar man besigtig het. “Ons het nagte omgery saam die speurders om hom te soek.”

Volgens Kotze is die saak uitgestel vir ‘n formele borgaansoek vir Maandag.

Read original story on www.citizen.co.za

 
Back to top button