Pa van 3 by taverne doodgesteek: Oudtshoorn-hof vonnis man
Francois Jullies (29) het vir sekerheidsbeampte Francois ‘Augi’ Plaatjies (30) ses keer met 'n mes gesteek.

‘n Man wat ‘n sekerheidsbeampte by ‘n taverne in Bongolethu in Oudtshoorn doodgesteek het, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir 15 jaar tronk toe gestuur.
Francois Jullies (29) is aan moord met ‘n direkte opset skuldig bevind.
Hy het Francois ‘Augi’ Plaatjies (30), ‘n pa van drie kinders, op 28 Mei 2023, ses keer met ‘n mes gesteek. Sy verweer dat hy homself verdedig het, is deur die hof verwerp.

Die staatsaanklaer, Nadia Arnolds, het betoog dat geen wesenlike of dwingende omstandighede bestaan om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk nie.
Streeklanddros Daniel Boks het bevind dat Jullies se lewe nie in gevaar was toe hy Plaatjies gesteek het nie.
Plaatjies het volgens twee ooggetuies nie enige wapens by hom gehad nie en dit was gevolglik nie vir Jullies nodig om hom te steek nie.
Read original story on www.oudtshoorncourant.com