Parkrunners op hol oor seksuele voorval in Sasolburg

'n Egpaar is hewig ontsteld nadat hulle glo vrywilligers in die daad betrap het tydens 'n Parkrun.

Parkrunners in Sasolburg het onlangs gevoel hulle wil eerder weghardloop as verder deelneem toe hulle glo twee Parkrun-vrywilligers op die daad betrap het.

“Ek en my man was erg onsteld oor die voorval en in ‘n emosionele toestand hieroor,” sê Patricia Morelli aan Vaalweekblad.

Die betrokkenes in die voorval is glo twee bekende vrywilligers (albei mans), en Morelli het die voorval dadelik byParkrun-organiseerder Johan Duvenhage aangemeld.

“Hierdie gedrag is heeltemal onvanpas en onaanvaarbaar, veral in ‘n omgewing wat familie-georiënteerd behoort te wees,” sê Morelli.

Sy het verskeie bewyse saam met haar klagte oor die voorval aan Vaalweekblad gestuur, wat beslis nie gepubliseer kan word nie.

In die ‘bewysstukke’ is daar selfs naakfoto’s van een van die beskuldigdes wat sy op sosiale media gekry het. Hulle voel dat daar sterk teen dié vrywilligers opgetree moet word.

Die Morellis is op 24 Julie in kennis gestel dat die saak ondersoek word. Hulle voel egter dat terwyl die saak ondersoek word, die twee vrywilligers tydelik verbied moet word totdat die saak deeglik ondersoek is.

“Ons verwag dat hierdie kwessie met die erns behandel sal word wat dit verdien, sodat die Parkrun ‘n veilige en respekvolle omgewing vir deelnemers bly,” sluit Morelli af.

  • Die mediaspan van Parkrun SA is genader vir kommentaar oor die saak. Die volgende boodskap is ontvang: “Thank you for emailing the press and media team at parkrun. We’ll get back to you as quickly as we can”.
  • Met Vaalweekblad se spertyd verlede Vrydag en tot nou, was geen verdere terugvoer ontvang nie.

 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button