Local newsNewsNews

Parkrunners op hol oor seksuele voorval

SASOLBURG - Parkrunners het onlangs gevoel hulle wil eerder weghardloop as verder deelneem, toe hulle glo twee parkrun-vrywilligers op die daad betrap het.

“Ek en my man was erg onsteld oor die voorval en in ‘n emosionele toestand hieroor,” sê Patricia Morelli.

Die betrokkenes in die voorval is glo twee bekende vrywilligers (albei mans), en Patricia het die voorval dadelik by Johan Duvenhage (Parkrun-organiseerder) aangemeld.

“Hierdie gedrag is heeltemal onvanpas en onaanvaarbaar, veral in ‘n omgewing wat familie-georiënteerd behoort te wees,” sê Patricia.

Sy het verskeie bewyse saam met haar klagte oor die voorval aan Vaalweekblad gestuur, wat beslis nie in die koerant gepubliseer kan word nie.

In die “bewysstukke” is daar selfs naakfoto’s van een van die beskuldigdes wat sy op sosiale media gekry het. Hulle voel dat daar sterk teen die vrywilligers opgetree moet word.

Hulle is op 24 Julie in kennis gestel dat die saak ondersoek word.

Die Morellis voel egter dat terwyl die saak ondersoek word, die twee vrywilligers tydelik verbied moet word totdat die saak deeglik ondersoek is.

“Ons verwag dat hierdie kwessie met die erns behandel sal word wat dit verdien, sodat die parkrun ‘n veilige en respekvolle omgewing vir deelnemers bly,” sluit Patricia af.

* Die mediaspan van Parkrun SA is genader vir kommentaar oor die saak. Die volgende boodskap is ontvang: “Thank you for emailing the press and media team at parkrun. We’ll get back to you as quickly as we can”.

Met Vaalweekblad se spertyd verlede Vrydag en tot nou, was geen verdere terugvoer ontvang nie. Indien hulle ons wel kontak, sal die terugvoer gepubliseer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button