Potchefstroom-vrou deel oor angswekkende pitbull-aanval

Sharon Durand het enstige beserings opgedoen toe twee pitbulls haar beetgekry het op die roete wat sy gewoonlik saam met haar 11-jarige dogter stap.

Dit is net genade dat daar verlede Saterdag om 22:00 mense in die omgewing was wat vir Sharon Durand van ‘n pitbull-aanval gered het.

Potchefstroom Herald berig dat wat veronderstel was om ‘n kort staproete terug huis toe van haar ouers moes wees, in ‘n nagmerrie vir haar ontaard het toe twee pitbulls haar op die hoek van Kock- en Smitstraat in Potchefstroom Sentraal aangeval het.

Sy het geskree vir hulp. Bure van oorkant die pad en op die straathoek het ook uitgekom om te help.

“Die honde het op my afgestorm en een het my omgespring. Een het my aan die arm beetgekry en die ander het my op my boud gebyt en toe op my kuit. Daarna het altwee honde my aan dieselfde arm beetgekry,” het sy gesê.

Hulp en hospitaal

’n Wit BMW met ’n man en twee jong vroue het ook op die toneel stilgehou. Die man het uiteindelik daarin geslaag om die honde van haar af te kry, waarna die groep haar in die voertuig gehelp en na die hospitaal geneem het.

Durand stap al vir die afgelope vyf jaar saans saam met haar 11-jarige dogter. Hierdie keer was haar dogter gelukkig nie by nie.

Durand het enstige byt- en skeurbeserings aan haar arm, boud, vrouedele en kuit opgedoen.

Sy het op Woensdag ’n operasie aan haar arm ondergaan.

Volgens haar is daar nog geen sekerheid oor hoe lank haar herstel gaan duur of wat die langtermyngevolge van die aanval sal wees nie. Sy sal na verwagting nog operasies moet ondergaan.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button