Redan se leeu opgespoor ná dae lange soektog

Die polisie weet nog nie waar 'n leeu wat Vaaldriekhoek se inwoners aan die gis gehad het, vandaan gekom het nie.

Die maanhaarleeu wat sedert Woensdagoggend (14 Oktober) die Vaaldriehoek se inwoners op hol gehad het, is volgens die polisie opgespoor, berig die Vaalweekblad.

Die polisie het dit gister (15 Oktober) in ’n verklaring bevestig en gesê wildkundiges is besig om die nodige reëlings te tref.

Die polisie se honde-eenheid is reeds Dinsdag (13 Oktober) omstreeks 04:00 bewus gemaak van ’n sosialemediaplasing oor ’n leeu wat glo in ’n afgeleë gebied rondloop.

Die Vereeniging-polisie het daarna saam met die honde-eenheid en ander rolspelers, waaronder private veiligheidsmaatskappye se hommeltuigoperateurs, hulpbronne gemobiliseer om die dier op te spoor.

Die leeu se eienaar is steeds onbekend, en die polisie stel ondersoek in na waar die leeu vandaan kom.

Die polisie het ook kommer uitgespreek oor vals en onbevestigde berigte op sosiale media, wat volgens hulle onnodige paniek veroorsaak het.

Inwoners van Sedibeng en omliggende gebiede word versoek om kalm te bly, nie onbevestigde inligting te versprei nie en op amptelike kommunikasie staat te maak terwyl die owerhede en wildkundiges die operasie afhandel.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Die berig is deur 'n joernalis van Vaalweekblad geskryf.
Back to top button