News

Redan se leeu opgespoor

Die polisie sê die dier sal na 'n veilige omgewing verskuif word.

REDAN – Die leeu wat sedert Woensdagoggend in die Redan-omgewing rondbeweeg het, is volgens die polisie opgespoor en sal na ’n veilige omgewing verskuif word.

Die polisie het Donderdag in ’n verklaring bevestig dat die dier opgespoor is en dat die nodige reëlings deur die betrokke kundiges getref is om hom veilig te hervestig.

Volgens die polisie is hulle op Dinsdag 13 Oktober omstreeks 04:00 deur ’n lid van die polisie se honde-eenheid van ’n sosialemediaplasing oor ’n leeu wat glo in ’n afgeleë gebied rondloop, in kennis gestel.

Die polisie by Vereeniging het daarna saam met die honde-eenheid en ander rolspelers, waaronder private veiligheidsmaatskappye se hommeltuigoperateurs, hulpbronne gemobiliseer om die dier op te spoor.

Die leeu se eienaar is steeds onbekend en die polisie ondersoek waar die dier vandaan kom.

Die polisie het ook kommer uitgespreek oor die verspreiding van vals en onbevestigde inligting op sosiale media, wat volgens hulle onnodige paniek veroorsaak het.

Inwoners van Sedibeng en omliggende gebiede word versoek om kalm te bly, nie onbevestigde berigte te versprei nie en op amptelike kommunikasie staat te maak terwyl die owerhede en wildkundiges die operasie veilig afhandel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button