Russe hou Meyerton-bokser se meisie aan

Chris van Heerden het sy meise se vliegkaartjie Rusland toe as 'n verjaardag geskenk gekoop.

Die bokser Chris van Heerden se meisie, Ksenia Karelina, is deur die Russe in hegtenis geneem vir hoogverraad en kan tot 12 jaar tronkstraf kry indien sy skuldig bevind word aan dié ernstige aanklag.

Die 33-jarige Karelina is blykbaar ‘n amateur ballerina van Los Angeles wat burgerskap van die beide Rusland en die VSA het.

Van Heerden, ‘n kampioenbokser, is oorspronklik van Meyerton en woon al ‘n geruime tyd in Los Angeles.

Hy het in ‘n plasling op X gevra dat mense vir sy meisie bid.

Karelina is volgens nuusberigte in die Russiese stad Jekaterinburg in die Oeralberge in hegtenis geneem het nadat sy volgens Russiese owerhede die Oekraïne in hul oorlog teen Rusland befonds het.

Sy het glo $51 aan ‘n Oekraïense liefdadigheidsorganisasie geskenk.

Van Heerden het in ‘n onderhoud met die Amerikaanse nuuskanaal ABC7 gesê dit voel vir hom soos ‘n nagmerrie. Kyk die volledige onderhoud hier:

Hy het vertel hoe hy Karelina se vliegkaartjie Rusland toe gekoop sodat sy haar familie in Rusland kon besoek. Dit was glo ‘n verjaarsdagpresent.

‘n Emosionele Van Heerden het tydens die onderhoud begin huil.

 

 

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button