Russe hou Meyerton-bokser se meisie aan
Hy het haar vliegkaartjie Rusland toe betaal.
MEYERTON. – Die meisie van die bokser Chris van Heerden, Ksenia Karelina, is deur die Russe in hegtenis geneem vir hoogverraad en kan tot 12 jaar tronkstraf kry indien sy skuldig bevind word aan dié ernstige aanklag.
Die 33-jarige Ksenia is blykbaar ‘n amateur ballerina van Los Angeles wat burgerskap van die beide Rusland en die VSA het.
Chris, ‘n kampioenbokser, is oorspronklik van Meyerton en woon al ‘n geruime tyd in Los Angeles.
Ksenia is volgens nuusberigte in die Russiese stad Jekaterinburg in die Oeralberge in hegtenis geneem het nadat sy volgens Russiese owerhede die Oekraïne in hul oorlog teen Rusland befonds het.
Sy het glo $51 aan ‘n Oekraïense liefdadigheidsorganisasie geskenk.
Chris het in ‘n onderhoud met die Amerikaanse nuuskanaal ABC7 gesê dit voel vir hom soos ‘n nagmerrie. Kyk die volledige onderhoud hier.
Hy het blykbaar Ksenia se vliegkaartjie Rusland toe gekoop sodat sy haar familie in Rusland kon besoek. Dit was glo ‘n verjaarsdagpresent.
‘n Emosionele Chris het tydens die video onderhoud begin huil.
Chris het in ‘n plasling op die sosiale netwerk X gevra dat mense vir sy meisie bid.
*Volg Vaalweekblad vir meer nuusberriggewing oor dié saak en ander plaaslike nuusgebeure.
