Saak teen Magashule en kie: Sekretaresse in Amerika aangekeer

Die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, se gewese sekretaresse is die naweek in hegtenis geneem.

Ace Magashule, die voormalige Vrystaatse premier, en sy medebeskuldigde se voorverhoor is tot 14 Junie uitgestel.

Die hooggeregshof in Bloemfontein het gisteroggend dié besluit geneem nadat Moroadi Cholota, sy gewese persoonlike assistent, die naweek in Amerika in hegtenis geneem is. Cholota sal by die 18 ander beskuldigdes aansluit.

Olly Mlamleli, die voormalige LUR vir menslike nedersettings, was nie vanoggend in die hof nadat sy siektebrief by die hof ingedien is. Dit het in die hof aan die lig gekom van die maatskappye en beskuldigdes het steeds nie regsverteenwoordiging nie.

Dit is nog onbekend op watter aanklagte Cholota gister in ’n Amerikaanse hof tereg gestaan het.

Ace Magashule is buite die hof deur lede van sy politieke party ACT ondersteun. Foto: Kekeletso Mosebetsi.

Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, sê daar is ’n sterk saak teen die beskuldigdes. “’n Lasbrief vir inhegtenisneming is uitgereik vir beskuldigdes nommers 5 en 12, maar beskuldigde nommer 5 het daarin geslaag om voor die uitstel in die hof te verskyn. Die lasbrief vir beskuldigde nommer 12 is uitgestel tot die voorverhoor wat vir 14 Junie geskeduleer is.

“By die NVG is ons trots daarop om sonder vrees, guns of vooroordeel te vervolg. Die jongste inhegtenisneming sal ons help om die saak te bespoedig sodat die verhoor kan begin sodra die verdediging voorberei is.

“Soos ons voorheen gesê het, is ons gereed om voort te gaan wanneer die verdediging gereed is. Ons glo daar is ’n saak waarop die beskuldigde moet antwoord,” sê hy.

Magashule, Sodi, Olly Mlamleli en ander staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (Wet 1 van 1999).

Ná hul inhegtenisneming is die beskuldigdes op borgtog van tussen R50 000 en R500 000 vrygelaat.

Lees die oorspronklike berig op OFM Nuus.

Read original story on www.bloemfonteincourant.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button