Seuns in Swellendam verkrag: Onderwyser, medebeskuldigde kry borg
Twee mans, albei 42 jaar oud, wat van die verkragting van twee seuns beskuldig word, is gister borgtog toegestaan.
Ná ’n langdurige middagsessie in die Swellendam-landdroshof gister, is borgtog toegestaan aan twee mans, albei 42 jaar oud, wat aangekla word van statutêre verkragting en verkragting van twee minderjarige seuns.
Volgens Suid-Kaap Forum is een van die beskuldigdes ’n bekende opvoeder by ’n plaaslike skool, terwyl die ander na bewering ook aktief in sportkringe, veral netbal, betrokke is.
Tydens die verrigtinge is getuienis deur die polisie aangebied, asook vertoë van beide die staat en verdediging oor die beweerde voorval wat op 4 of 5 Oktober plaasgevind het.
Die hof het aan albei beskuldigdes borgtog van R1 000 elk toegestaan, met streng voorwaardes.
Hulle mag geen kontak hê – hetsy direk of indirek – met kinders onder 18 jaar nie.
Vir die eerste beskuldigde, wat ’n opvoeder is en waar een van die slagoffers ’n leerder aan sy skool is, is hierdie bepaling spesifiek beklemtoon.
Hulle mag ook geen kontak met die slagoffers of hulle families hê nie.
Die saak is tot 20 Januarie volgende jaar, vir verdere ondersoek uitgestel.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.suidkaapforum.com