Skietery by kroeg in Orkney: 4 vas, 1 gesoek

Agt mense is dood en 13 beseer nadat daar Saterdag in 'n kroeg losgebrand is. Een verdagte is nog op vrye voet.

Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met Saterdag se skietery by ‘n kroeg in Orkney, Noordwes. Dit volg nadat agt mense dood en 13 beseer is toe daar in die kroeg losgebrand is.

Brigadier Sabata Mokgwabone, ‘n polisiewoordvoerder, sê vier verdagtes is in hegtenis geneem en een verdagte is nog nie opgespoor nie.

“Vier verdagtes wat almal buitelandse burgers is, tussen 24 en 38 jaar oud, is onderskeidelik in Klerksdorp en Kanana-township in hegtenis geneem. Tydens die arrestasies het die span beslag gelê op ‘n Toyota Hilux dubbelkajuitbakkie en meer as 82 rondtes ammunisie van verskillende kalibers.”

Die verdagtes sal more in die Orkney-landdroshof op agt aanklagte van moord, 13 aanklagte van poging tot moord, asook die onwettige besit van ammunisie verskyn.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button