CrimeLocal newsNews

Verdagtes in hegtenis na skietery by kroeg

Die polisie kon daarin slaag om vier van die vyf verdagtes in hegtenis te neem.

Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die skietery by ‘n kroeg in Orkney. Dit kom nadat agt mense dood en dertien beseer is toe die verdagtes glo in die kroeg losgebrand het.

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê vier verdagtes is in hegtenis geneem en een verdagte is nog nie opgespoor nie.

“Vier verdagtes wat almal buitelandse burgers is, tussen 24 en 38 jaar oud, is onderskeidelik in Klerksdorp en Kanana Township in hegtenis geneem. Tydens die arrestasies het die span beslag gelê op ‘n Toyota Hilux dubbelkajuitbakkie en meer as 82 rondtes ammunisie van verskillende kalibers.”

Die verdagtes sal Dinsdag 30 Julie 2024 in die Orkney-landdroshof op agt aanklagte van moord, dertien aanklagte van poging tot moord en die onwettige besit van ammunisie verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button