Tweede plaasaanval in 5 dae ruk gemeenskappe van Roossenekal en Lydenburg

Polisiespanne en boereverenigings volg alle moontlike leidrade ná twee onlangse plaasaanvalle.

Twee plaasaanvalle binne die bestek van vyf dae het gemeenskappe in Mpumalanga geruk.

Op Donderdag, 1 Mei, is die bebloede liggaam van Robert Stoltz (78) in sy plaashuis in die Roossenekal/Lydenburg-distrik aangetref.

Die familie van Stolz het verlede Donderdag op sy lyk afgekom. Daar word gemeen dat hy met ’n skerp voorwerp, moontlik ’n panga, aangerand is. Hy het aan sy beserings beswyk.

Sy selfoon is glo tydens die moord as vermis aangemeld. Sy voertuig, ’n blou Chery, is glo ook gesteel, maar is op die R555 (Steelpoort-pad) gevind waar dit vermoedelik deur die aanvallers gerol is.

Op Donderdag, 1 Mei, is die bebloede liggaam van Robert Stoltz aangetref. Foto: Facebook

 

Stoltz se moord is deur die gemeenskap as brutaal beskryf. Die aantal aanvallers is nie bekend nie.

Skaars vyf dae later op Maandag, 5 Mei, is die 64-jarige Miems Maritz, née Stoltz, van die plaas Hartlus tydens nog ’n aanval gewond.

James Language, die veiligheidsbestuurder van die Transvaalse Landbou-unie van Suid-Afrika, TLU se Oosstreek, het beide voorvalle aan Steelburger/Lydenburg Nuus bevestig.

Volgens Language was daar drie aanvallers by die aanval op Maritz betrokke.

“Sy woon alleen op die plaas. Die mans kon genadiglik nie toegang tot die plaashuis verkry nie, as gevolg van die veiligheidshek en diefwering. Hulle het wel van die vensters gebreek in ’n poging om by die huis in te kom,” het Language verduidelik.

Volgens Language is die omliggende boeregemeenskappe en die SAPD dadelik gemobiliseer. Hy het bevestig dat beide aanvalle in dieselfde omgewing op die R577 plaasgevind het.

“Maritz is van buite die huis deur die aanvallers met ’n windbuks in die kop geskiet. Sy is Middelburg-hospitaal toe geneem vir behandeling. Haar toestand is bestendig.”

Sy is volgens Language in die gesig en agterkop geskiet.

Miems Maritz (64) is glo een keer in haar gesig en een keer in haar agterkop geskiet met ‘n soortgelyke windbuks tydens die tweede plaasaanval in die distrik tussen Roossenekal en Lydenburg. Foto: Lowvelder argiewe.

 

Language het gesê dat meer inligting beskikbaar sal wees namate die ondersoek vorder. “Op dié stadium is die ondersoek ’n sensitiewe saak.”

Hy het bevestig dat niks tydens die aanval teen Maritz gesteel is nie. Beide voorvalle is deur Limpopo-polisie bevestig.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Back to top button