Vermiste Wes-Kaapse meisie (15) se liggaam gevind

Die liggaam van 'n vermiste 15-jarige meisie is in 'n vlak graf naby Mosselbaai gevind, terwyl 'n 27-jarige verdagte – glo bekend aan haar – in hegtenis geneem is vir haar moord.

Die vermiste Felicia Micheals (15) se liggaam is gister deur polisiebeamptes in ‘n vlak graf in ‘n beboste gebied op Brandwag buite Mosselbaai in die Wes-Kaap gevind.

Micheals, ook bekend as Blommie, is vandag presies ‘n week terug om 12:00 lewend in die gebied gesien.

Gemeenskapslede van Brandwag, ‘n woongebied duskant Mosselbaai, het gister saam met polisiebeamptes in die gebied na Micheals gesoek.

Haar liggaam is kort daarna gevind.

Intussen is ‘n 27-jarige man wat ook op Brandwag woon, vir Micheals se moord in hegtenis geneem.

Bloedspatsel is glo in die verdagte se woning gekry.

Die man is tans in aanhouding en was glo bekend aan haar.

Die oorsaak van haar dood is nog nie bevestig nie en sal bekend gemaak word nadat ‘n nadoodse ondersoek afgehandel is.

Da Gamaskop polisie ondersoek ‘n saak van moord.

Die verdagte sal na verwagting more in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.

Sy naam is aan die Mossel Bay Advertiser bekend. Hy sal eers geïdentifiseer kan word na sy eerste hofverskyning.

Read original story on www.mosselbayadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Back to top button