Video: Man (71) gelukkig om te lewe ná aanval in Potchefstroom

Daniel van Rensburg is gisteroggend 'n paar keer met 'n mes gesteek en twee keer met pepersproei in sy gesig gespuit.

Daniel van Rensburg (71) ‘n inwoner van Uitkoms-woonstelle in Potchefstroom is gister omstreeks 07:09 op die hoek van Kamp en Klipstrate aangeval. Hy is ‘n paar keer met ‘n mes gesteek en twee keer met pepersproei in sy gesig gespuit.

Van Rensburg vertel meer oor die voorval:

Van Rensburg moes vir sy lewe baklei terwyl hy en die aanvaller vir ongeveer 20 sekondes gestoei het. ‘n Verbygaande motor het die skurk laat spaander, waarna ‘n bebloede Van Rensburg vir hulp gaan soek het.

Van Rensburg se ringvinger aan sy linkerhand is ook amper afgesny en hy moes dringend mediese hulp by Potchefstroom-hospitaal kry om sy vinger te heg.

Daniel van Rensburg se linkerhand is erg beseer.
‘n Saak is by die polisie oopgemaak.

“Ek is baie gelukkig om hier te kan sit en leef. Dinge kon baie anders uitgedraai het as daardie motor nie verbygery het nie.”

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button