Local newsNewsNews

Video: Man (71) gelukkig om te lewe na aanval

Daniel van Rensburg (71) is op die hoek van Kamp en Klipstrate aangeval waar hy paar keer met 'n mes gesteek en twee keer met pepersproei in sy gesig gespuit is. Hy het ook amper sy ringvinger in die voorval verloor.

Daniel van Rensburg (71) ‘n inwoner van Uitkoms-woonstelle is op Sondag, 14 Januarie omstreeks 07:09 op die hoek van Kamp en Klipstrate aangeval. Hy is ‘n paar keer met ‘n mes gesteek en twee keer met pepersproei in sy gesig gespuit is.

Kyk die video hier waar Van Rensburg meer oor die voorval vertel:

Van Rensburg moes vir sy lewe baklei terwyl hy en die aanvaller vir ongeveer 20 sekondes gestoei het. ‘n Verbygaande motor het die skurk laat spaander, waarna ‘n bebloede Van Rensburg vir hulp gaan soek het.

Van Rensburg se ringvinger aan sy linkerhand is ook amper afgesny en hy moes dringend mediese hulp by Potchefstroom Hospitaal kry om sy vinger te heg.

Daniel van Rensburg se linkerhand is erg beseer. Hy het amper sy ringvinger in die aanval verloor. Foto: Wouter Pienaar.

‘n Saak is by die polisie oopgemaak.

“Ek is baie gelukkig om hier te kan sit en leef. Dinge kon baie anders uitgedraai het, as daardie motor nie verbygery het nie.”

Lees die volledige storie in hierdie week (Donderdag, 18 Januarie) se uitgawe van die Potchefstroom Herald. 

 

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button