Voertuigkapers verkies dié motorkleure

'n Opname het getoon dat voertuigkapings vanjaar skerp gestyg het in vergelyking met verlede jaar.

Wit en grys blyk die voorkeur kleure te wees wanneer dit kom by voertuigkapings terwyl helder kleure minder geteiken word.

‘n Opname van Fidelity ADT het gewys dat voertuigfabrikate wat die meeste in Suid-Afrika gekaap word, insluit:

  • Wit Nissan Almera
  • Wit VW Polo
  • Wit Toyota Hi-Ace
  • Wit Nissan NP200
  • Grys, blou of wit Toyota Corolla

Sekuriteitsfirmas en versekeraars het hul kommer uitgespreek oor die toename in voertuigkapings, in vergelyking met syfers oor dieselfde periode in 2023, maar interessant genoeg word minder voertuie met helder en ongewone kleure gekaap.

Meeste voertuigkaping is rondom Gauteng gekonsentreer, terwyl die Wes-Kaap en KwaZulu Natal elk tot 14% van dié syfers bygedra het.

Motordiefstal word gewoonlik gekoppel aan ‘n sogenaamde verskaf-op-aanvraag tendens waar spesifieke voertuie vir spesifieke doeleindes deur voertuigdiewe geteiken word.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button