Voormalige Pumas-kaptein bedank by Mbombela-skool na gerugte van onreëlmatighede
Hoërskool Nelspruit se rugbyspeslials Hennie Skorbinski het skielik bedank na ’n ondersoek oor beweerde onreëlmatighede.
Hennie Skorbinski, ’n naam wat die afgelope vyf jaar sinoniem met die sukses van Hoërskool Nelspruit (NHS) se rugby geword het, het skielik uit sy pos bedank.
Dit volg na bewerings van onreëlmatighede waarby dié sportspesialis na bewering betrokke was.
Skorbinski, ’n voormalige kaptein van die Pumas-rugbyspan, het in 2019 as direkteur van NHS se rugby aangesluit. Die skool sê hy was aktief by die skool se rugbyspelers en -afrigters betrokke en was van onskatbare waarde in dié rol.
Sy skielike bedanking het gevolglik talle vrae laat ontstaan.
Die skool se beheerliggaam het by navraag in ’n verklaring gesê dat Skorbinski ten tye van die eerste gerugte met onmiddellike effek uit sy pos bedank en sy woning ontruim het.
Alhoewel die presiese omstandighede in hierdie stadium nog nie bekend is nie, het die beheerliggaam gesê dat die beweerde onreëlmatighede, wat tans ondersoek word, op moontlike wanvoorstellings dui wat in die naam van die skool gedoen is.
’n Onafhanklike ouditfirma, wat aangestel is om die aangeleentheid te ondersoek, is versoek om aanbevelings te maak ten opsigte van moontlike verdere stappe wat deur die beheerliggaam geneem kan word om soortgelyke situasies in die toekoms te voorkom en te vermy.
Die Departement van Onderwys is volgens die beheerliggaam daarvan verwittig.
“Die beheerliggaam het ondertussen ons eie reëls en prosesse nagegaan en bevind dat al die nodige wigte en teenwigte in plek is.
“Sodra die verslag en aanbevelings van die ouditfirma ontvang word, sal daar oor verdere stappe besluit word,” het die beheerliggaam gesê.
“Voorlopige aanduidings is dat hierdie onreëlmatighede buite skoolverband plaasgevind het. Indien die bewerings wat die ronde doen waar is, is dit baie moeilik, indien nie onmoontlik, om sulke bedrieglike optrede te voorkom. Die beheerliggaam het ondertussen ons eie reëls en prosesse nagegaan en bevind dat al die nodige wigte en teenwigte in plek is.”
Dit is in hierdie stadium nog nie bekend of Skorbinski krimineel vervolg gaan word nie.
In ‘n verklaring sê NHS se beheerliggaam dat die beheerliggaam dat hulle verbind bly tot die ‘verantwoordelike en onkreukbare hantering van die finansies en ander take wat onder ons beheer val, asook die trotse handhawing van die etos van Hoërskool Nelspruit’.
“Die beheerliggaam beklemtoon dat enige vorm van oneerlikheid en wanvoorstelling van enige aard deur ’n verteenwoordiger van die skool ten sterkste veroordeel word. Ons verseker die gemeenskap dat die aangeleentheid met die nodige dringendheid, sorg en deursigtigheid hanteer word,” sê die skool.
NHS sê dat daar reeds planne gemaak is om Skorbinski plek rol te vervul sodat kinders hul normale opvoedingsprogram kan voortsit.
Die beheerliggam het gesê dat onvanpas is om op hierdie stadium, met die hangende ondersoek, verder kommentaar te lewer.
Skorbinski het by navraag sy bedanking bevestig, en gesê dat albei partye (die beheerliggaam asook hy self), aanbeweeg het.
Hy het genoem dat hy reeds ’n nuwe geleentheid aanpak, maar hy wou nie daaroor uitbrei nie en het gevra vir privaatheid vir hom en sy gesin.
Read original story on www.citizen.co.za