Vrystaatse pastoor skuldig  aan verkragting van minderjarige

'n Tiener van Bothaville is verskeie kere verkrag nadat 'n 'man van God' vir haar gedokterde water gegee het om te drink.

n 39-jarige pastoor is verlede Woensdag (26 Augustus) in die Bothaville-streekhof skuldig bevind aan die verkragting van ’n minderjarige meisie en tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis, berig die Parys Gazette.

Die voorval het in November 2023 plaasgevind, berig die Parys Gazette.

Die hof het gehoor dat die slagoffer, wat destyds 14 jaar oud was, in Oktober 2023 ’n kerk in Bothaville besoek het om hulp vir ’n gesondheidsprobleem te kry. Tydens dié besoek het sy met die beskuldigde, wat ’n pastoor by die kerk was, gepraat.

Die volgende maand het die pastoor haar telefonies gekontak en voorgegee dat hy navraag doen oor haar gesondheid. Sy het hom meegedeel dat haar voet steeds pyn.

Die beskuldigde het haar daarna opdrag gegee om alleen kerk toe te kom. Met haar aankoms het hy haar na ’n vertrek geneem en vir haar water gegee om te drink. Nadat sy die water gedrink het, het sy gedisoriënteerd geraak en haar bewussyn verloor.

Toe sy later in die middel van die nag wakker word, het sy na bewering kaal op ’n bed gelê en besef dat sy seksueel aangerand is.

Die beskuldigde het haar glo versoek om niemand van die voorval te vertel nie.

Volgens die polisie het hy haar daarna gereeld kerk toe ontbied, waar hy haar na bewering weer water gegee het om te drink voordat hy haar verkrag het.

Die saak is uiteindelik by die polisie aangemeld en ’n saak van verkragting is geregistreer.

Die ondersoek is aan adjudant-offisier Mandie Jacobs van die Welkom-eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (FCS) toegewys.

Die pastoor is daarna in hegtenis geneem en van verkragting aangekla.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button