Wes-Kaapse ma herenig met dogter ná meer as 3 weke

Phia-Mari Maré van die Mosselbaai-omgewing was rasend van bekommernis toe haar eksman na bewering met hulle negejarige dogter verdwyn het.

Die negejarige dogtertjie wat op 14 Oktober uit Hartenbos verdwyn het, glo saam met haar pa, is met haar ma herenig.

Die polisie het die nuus dat ma en dogter, Phia-Mari Maré (28) en Yaleen, hereniging is, aan Mossel Bay Advertiser bevestig.

Namibia Investigation Services, ‘n Namibies-gebaseerde en geregistreerde privaatmaatskappy wat siviele aangeleenthede en kriminele sake ondersoek, het dit ook op hulle Facebook-blad bekendgemaak.

Volgens die maatskappy het ma en dogter in Opuwo, Kunene, in Namibië bymekaargekom.

Yaleen se pa, Jacob (34), woon in Namibië en het haar na bewering daarheen geneem ná hy haar by haar skool op Hartenbos gaan oplaai het. Haar ma het nie geweet hy laai haar op nie.

Soektog na dogter

‘n Landswye soektog was deur die polisie van stapel gestuur en Maroela Media het berig dat Phia-Mari kort nadat Yaleen deur Jacob opgetel is, ‘n stemboodskap van haar dogter gekry.

Daarin sê Yaleen glo: “Hallo mamma, ek weet mamma worry dalk nou oor my. Ek is hierso by pappa. En moenie worry nie ek is veilig by hom. Ek weet nie hoe lank ek hier gaan bly nie, maar baai.”

Jacob is van Namibië afkomstig, en die egpaar, hulle twee seuntjies en Yaleen het daar gewoon voor Phia-Mari na die Mosselbaai-omgewing verhuis het. Die egpaar is glo ongeveer twee en ‘n half jaar geskei.

Mossel Bay Advertiser het voorheen berig die ouers was na wat verneem word in die proses om ‘n ouerskapplan op te stel aangesien die Namibiese hofbevel nie prakties uitgevoer kon word nie.

‘n Hooggeregshofbevel is op Jaco bedien om Yaleen aan haar ma terug te besorg.

Read original story on www.georgeherald.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button